Modulekode | JLD 320 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Die doel van die module is om die student toe te rus met die kennis en vaardighede wat nodig is om leerders met leerprobleme in die klaskamer te identifiseer, te assesseer en intervensie strategieë te beplan om hulle te ondersteun. Ons fokus op die vroeë identifisering van leerprobleme, diagnostiese assessering om die oorsake daarvan te bepaal, sowel as intervensie strategieë om leerhindernisse in die Intermediêre Fase suksesvol aan te spreek. Die student sal leer hoe om die kurrikulum aan te pas vir leerders wat leerprobleme ondervind en hoe om hierdie leerders te ondersteun deur geleenthede te skep waar die leerder sukses kan behaal, leer om in sy eie vermoë te glo en sodoende ‘n positiewe selfbeeld te bou.
|
Modulekrediete | 6.00 |
Programme | |
Kontaktyd | 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Vroeë Kinderonderwys |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App